Posts

Image
Ons hokkie-spanne doen dit weer! Horison is baie trots op ons vier ons hokkie-spanne wat almal hul liga-wedstryde teen Helderkruin gewen het. o/10-Span wen 4 - 2                o/11-Span wen 7 - 0                   o/12-Span wen 2 - 0                o/13-Span wen 3 - 0 Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters!
Image
Krieketuitslae vs Dr Havinga (14 Aug - 17 Aug) Ons o/10-span wen met 15 lopies en die tweede-span wen met 48 lopies. Die krieketsterre van die dag was die 0/11-span wat met 221 lopies wen! Op die foto's is Henricus Meyer en Dylan Potgieter wat beide 100-talle geslaan het, asook die res van die o/11-span. Baie geluk aan die seuns en hul afrigters.
Image
Die Speelgroep- en gr RR maats leer meer oor plaasdiere. (14 Aug - 18 Aug) Ons klein maaatjies het hierdie week meer geleer oor die produkte wat plaasdiere vir ons gee. Van mielies kan ons springmielies maak en van koeimelk kan ons melkskommel maak. Die maats is bederf met heerlike springmielies en melkskommels!
Image
Krieket   o/11-span 11Augustus 2017 Baie geluk aan mnr. Rheeder en sy o/11 krieket-span met hul mooi oorwinning op Donderdag 11 Augustus. Hulle het Maragon met 'n reuse 231 lopies gewen. Stefan Löttering teken 103 lopies aan en Henricus Meyer teken 64 lopies aan. Wel gedaan manne!
Image
Landloop Liga 11 Augustus 2017 Ons landloop-atlete het op Vrydag 11 Augustus aan die tweede liga-byeenkoms by Trinity Little Falls deelgeneem. Daar het 41 atlete deelgeneem. Hulle het mooi verbeter op hul vorige tye. Tien van ons atlete was onder die eerste 10 in hul groepe. Baie geluk julle! Horison is trots.
Image
Die Speelgroepie hou troeteldiere-dag 11 Augustus 2017 Die kleuters van die Speelgroep het groot pret gehad verlede week toe hulle hul troeteldiere kon skool toe bring. Hulle het mekaar van hul troeteldiere vertel en het die geleentheid gehad om self van nader met die diere kennis te maak.
Image
Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat  op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies. Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat almal op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies.